1 van 3Good News · 3 hoofstukke

Invitation to Know Jesus Personally

A narrator gives an invitation to know God personally. The invitation is open to everyone. It means turning to God and trusting Jesus with our lives and to forgive our sins. We can speak to Him in prayer when we're ready to become followers of Jesus.

Vra joune

Bybel-aanhalings

Deel
Gratis hulpbronne

Wil jy die Bybel dieper verstaan?

Sluit by ons Bybelstudie aan

Transkripsie

Afrikaans
Lank gelede het die profete in die skrif geskryf, dat God die Messias sal stuur, om sondaars te red en hulle met God te versoen. Jesus' se lewe bewys dat hy regtig die verlosser is, wat God beloof het, om na die wereld te stuur. Die profeet Jesaja het geskryf, ‘n maagd sal swanger word en ‘n seun baar. Dit het toe so gebeur, God het dit deur Sy krag veroorsaak dat Maria, ’n maagd, swanger geword het en aan Jesus geboorte gegee het. Soos dit in die skrif geskryf stan, was die wonderwerk van sy geboorte God se teken, dat hierdie kind die Messias is, die een wat God Sy seun noem. Toe mense Jesus gesien het, het hulle die aard en krag van God gesien. Hy het mense genees en hulle sondes vergewe. Hy het aan hulle, ‘n plek in sy ewige koninkryk beloof. Jesus het Sy lewe opgeoffer en alle mense se straf verduur. Daarna het Hy opgestaan en gewys, dat Sy krag goter is as die mag van die dood. Jesus, die Messias, het gesê, ek het die mag om my lewe af te le en die mag om dit weer op te neem. Jesus se lewe het die profesie vervul en het bevestig, dat God se heilige woord foutloos en ewig is, soos die profete vertel het. Jesus is die woord van God en Jesus openbaar God homself aan die mense van hierdie wereld. Jesus het gekom om ons oorvloedige lewe te gee, soos dit was toe God die eerste man en vrou gemaak het. Maar hulle het God wantrou en nie Sy geboeie nie gehoorsaam nie. In die skrif staan geskrywe, Almal het gesondig en, die loon van die sonde is die dood. Mense wat gesondig het, kan nie in ‘n verhouding met God lewe nie. Maar net soos God ‘n ram voorsien het om in Abraham se seun se plek te sterf, so het God Jesus gestuur om in die plek van Adam se nageslag te sterf. Hy het dit gedoen, sodat hulle wat in Hom glo en hulle vertroue in Jesus stel, weer met God kan wees. Daarom sal hulle wat Jesus volg die straf van die hel vryspring en verewig saam met God lewe. Toe Jesus uit die dood opgestaan het, het hy aan sy volgelinge gesê, Mense sal in my naam aan al die nasies verkondig, dat God diegene wat berou het en terugdraai na hom toe, se sondes sal vergewe. Jesus het ook gesê, dat hy die helige gees sal stuur om met sy volgelinge te wees, om hulle die waarheid te wys en krag te gee om God se pad te volg. Toe die sondige vrou berou gehad het en vir Jesus as haar Here begin volg het, het Jesus gesê, Jou sondes is vergewe, jou geloof in my het jou gered. Jesus het gesê, as mense God regtig lief het, is dit n bewys dat God hulle sondes vergewe het. Jesus die Messias het mense geroep Hom om te volg, hulle wat besluit om Jesus te volg, kan hulle verhouding met Hom met die volgende woorde begin. God my Vader, U is regverdig, ek dank U dat U my lief het. Ek het berou dat ek U geboeie nie gehoorsaam het nie en teen U gesondig het. Ek dank U dat U Jesus gestuur het om in my plek aan die kruis te sterf en dat hy uit die dood opgestaan het. Ek dank U dat hy die straf vir my sonde verduur het. Ek wil U wil doen en neem Jesus aan as my verlosser en my Here. Ek dank U dat U my sondes vergewe het en die pad vir my oopgemaak het om saam met U . vir altyd in U kongingkryk te wees Ek vra U om my die Heilige Gees te gee om by my te wees,, om my U pad te wys. Mag Hy my krag gee om U met my hele hart lief te he en ‘n lewe te lei wat U behaag. En mag mense U ooral in die wereld loof. Amen. Jesus het van sy volgelinge gesê, My skape hoor my stem, ek ken hulle en hulle volg my. Volgelinge van Jesus vergader saam, hulle praat elke dag oor hom en bestudeer sy woord. Hulle probeer sy voorbeeld volg en vertel vir ander van hom. Jesus lei hulle en versterk hulle deur die krag van God se Gees wat in hulle harte woon. Hulle onthou wat Jesus an sy volgelinge gesê het voordat hy op die wolk terug is na sy troon in die hemel. God het aan my alle g gegee in die Hemel en op aarde. Wees seker hiervan, ek is altyd by julle tot aan die einde van die wereld.
JesusFilm