JESUS·2 van 61

Birth of Jesus

Luke makes his introduction as the careful author of this Gospel. The angel Gabriel appears to Mary, a virgin in Nazareth. He announces to her that she has found favor with God and will give birth to Jesus, the Son of God. Through Jesus' birth, prophecies are fulfilled by the arrangement of events. God leaves no detail unnoticed. The same can be said of our own lives.

Vra joune

Bybel-aanhalings

Deel
Luke 1:1

Many have undertaken to compose an account of the things that have been fulfilled among us,

Berean Standard Bible

Public Domain

Lees meer...
Gratis hulpbronne

Wil jy die Bybel dieper verstaan?

Sluit by ons Bybelstudie aan

Transkripsie

Afrikaans
Hooggeagte Teofilus, ek skryf ’n akkurate verhaal van dit wat onder ons gebeur het, sodat u kan weet dat dit wat u gehoor het, absoluut waar is. In die tyd dat Augustus die keiser van Rome en Herodes die koning van Judea was, het God die Engel Gabriel gestuur om ’n maagd in die stad Nazareth te gaan besoek. Haar naam was Maria. Moet nie bang wees nie Maria, want God bewys genade aan jou. Jy sal swanger word en ’n seun baar en jy moet hom Jesus noem. Hoe is dit moontlik? moontlik. Die Heilige Gees sal oor jou kom, daarom sal die kind Heilig genoem word, die seun van God. Sy koninkryk sal nooit tot die ‘n einde kom nie. Maria het na ’n stad in Judea gegaan om Elisabeth te besoek, wie ook op ‘n wonderbaarlike manier swanger geword het. Elisabeth, Maria, Maria my niggie. Geseend is jy onder die vroue, geseend is die kind wat jy sal baar, want net toe ek jou stem hoor, het die Baba in my vol vreugde beweeg. Ek besing die grootheid van my Heer. En ek juig oor my God en my Verlosser. Van nou af sal elke geslag my geseend noem. Almal van Nazareth moet weet, dat daar op bevel van Keiser Augustus, ‘n sensus in Galilea en Judea gehou moet word. Almal moet onmiddellik in die dorp of stad van hulle voorvaders gaan registreer. Maria en Joseph, haar verloofde, het na Bethlehem gegaan om daar te registreer. Maar daar was geen plek vir hulle in Bethlehem nie. Die enigste blyplek wat hulle kon kry, was in ’n stal. Daar was skaapwagters in daardie gebied, wat in die nag oor hulle skape wag gehou het. Skielik het die Engel van God aan hulle verskyn en die heerlikheid van God het oor hulle geskyn. Vandag is daar vir julle ’n Verlosser gebore, Christus die Here. Die skaapwagters het dadelik na die pasgebore Baba gaan kyk en hulle was die eerstes om die goeie nuus van Jesus se geboorte te gaan vertel.
JesusFilm